Ephialtes

Ephialtes (Grieks: Ἐφιάλτης) was 'n antieke Atheense politikus en vroeë leier van die demokratiese beweging. In die laat 460s v.C., het hy hervormings deurgevoer om die gesag van die Areopagos te verskraal, wat 'n tradisionele bastion van konserwatisme was. Hierdie hervorming word deur baie moderne historici geteken as die wegspringplek vir die "radikale demokrasie" waarvoor Athene beroemd sou word. Die Areopagos se gesag het ingesluit die oorsig en reëlings van ampsbekleërs, en die juridiese funksies in staatsgerigte. Hy het betaling toegeken aan publieke amptenare, die eiendomsvoorskrifte vir publieke ampsbekleding afgeskaal en nuwe kriteria vir burgerskap opgestel.[1] Ephialtes egter, sou nie lank lewe om deel te neem aan hierdie nuwe regeringsvorm nie. In 461 v.C., is hy in 'n sluipmoord om die lewe gebring, wat aangestig is deur beswaarde oligarge, en die politieke leierskap van Athene het oorgegaan na sy stadhouer, Perikles.

  1. Morris & Raaflaaub, Democracy 2500: Questions and Challenges

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search